ISBN:
978-0-620-99538-2 (e-book)
Read Online:
Hadith 1: Die verpligting om te werk en iets te verdien
طَلَبُ الْحَلَالِ وَاجِبٌ عَلَى كُلِّ مُسْلِمٍ
Hadhrat Anas ibn Malik radhiallahu anhu vertel dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Dit is ‘n plig vir elke Moslem om ‘n Halaal-bestaan te verdien.” (Tabrani)
Hadith 2: Die hoë status van handeldryf
طلب الحلال فريضة بعد الفريضة
Hadhrat Abdullah Ibn Masud radhiallahu anhu vertel dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Om ‘n Halaal-bestaan te verdien, is verpligtend nadat ander Faraidh (verpligte dade) voltooi is.” (Bayhaqi)
Hadith 3: Selfstandigheid
مَا أَكَلَ أَحَدٌ طَعَامًا قَطُّ خَيْرًا مِنْ أَنْ يَأْكُلَ مِنْ عَمَلِ يَدِهِ، وَإِنَّ نَبِيَّ اللَّهِ دَاوُدَ ـ عَلَيْهِ السَّلاَمُ ـ كَانَ يَأْكُلُ مِنْ عَمَلِ يَدِهِ
Na wat berig word het Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê, “Niemand het nog ooit iets geëet wat beter is as wat hy verdien het deur met sy hande te werk nie. En waarlik Allah se profeet Dawood alaihis salaam het geëet van dit wat hy met sy hande verdien het. ” (Bukhari)
Hadith 4: Beste inkomste
لرَّجلُ كَسبًا أطيبُ من عملِ يدِه وما أنفقَ الرَّجلُ على نفسِه وأهلِه وولدِه وخادِمِه فهو صدَقةٌ
Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam het gesê, “Daar is geen beter inkomste as wat ‘n mens met sy eie handewerk verdien nie. En alles wat hy op homself, sy gesin, sy kinders en sy onderdane spandeer, word opgeteken as ‘n daad van liefdadigheid. ” (Ibn Majah)
Hadith 5: Besigheid en oorlewing
َتِسعةُ أعشارِ الرِّزقِ في التَّجارةِ
Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam het gesê, “Uit tien dele van bestaansvoering bestaan nege dele uit besigheid en handel dryf.” (Al Jaami al Sagheer)
Hadith 6: Beloning van besigheid
َأيما رجل اكتسب مالا من حلال فأطعم نفسه أو كساها فمن دونه من خلق الله كان له به زكاة
Hadhrat Abu Saeed Khudri radhiallahu anhu vertel dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Die persoon wat Halaal-inkomste verdien en daarna daarvan dit eet, homself bekleed of iets aan Allah se skepping voer of iemand bekleed, daardie daad sal vir hom opgeteken word as ‘n daad van liefdadigheid.” (Ibn Hibban)
Hadith 7: Suiwer verdienstes
َطوبى لمن طاب كسبه
Naseeh Al-Ansi radhiallahu anhu vertel van Rakb Al-Misri radhiallahu anhu dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Goeie tyding vir diegene wat Halaal verdien.” (Ibn Abi al Dunya)
Hadith 8: Finansiële onafhanklikheid
لأَنْ يَحْتَطِبَ أَحَدُكُمْ حُزْمَةً عَلَى ظَهْرِهِ خَيْرٌ لَهُ مِنْ أَنْ يَسْأَلَ أَحَدًا فَيُعْطِيَهُ أَوْ يَمْنَعَهُ
Hadhrat Abu Hurairah radhiallahu anhu vertel dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Dit is beter vir iemand om ‘n bondel brandhout op sy rug te dra (en dit te verkoop) as om te bedel by iemand wat mag gee of hom dit weier.” (Bukhari)
Hadith 9: Edele status
التاجر الصدوق تحت ظل العرش يوم القيامة
Hadhrat Anas radhiallahu anhu berig dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Inderdaad, die eerlike besiheidsman sal op die Dag van Opstanding onder die skaduwee van die Troon van Allah wees.” (Targheeb)
Hadith 10: Gesogte beroep
إنَّ اللهَ يحبُّ المؤمنَ المحترفَ
Hadhrat Abdullah ibn Umar radhiallahu anhuma berig dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Voorwaar Allah is lief vir ‘n gelowige wat handel dryf.” (Tabrani)
Hadith 11: Hardwerkendheid
إن الله تعالى يحب المؤمن المبتذل الذي لا يبالي ما لبس
Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam het gesê, “Allah Ta’ala is lief vir die gelowige wat ‘n hardwerkende sakeman is, wat nie omgee watter klere hy dra nie.” (Al Jaami al Sagheer)
Hadith 12: Harde werk
من أمسى كالا من عمل يديه أمسى مغفورا له
Hadhrat Aishah radhiallahu anha vertel dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Elkeen wat hom met werk inspan, sal teen daardie aand al sy sondes vergewe word.” (Tabrani)
Hadith 13: Sagmoedige handelaar
رحم الله امرءًا سَمْحًا إذا باع، سَمْحًا إذا اشترى، سَمْحًا إذا اقتضى
Hadhrat Jaabir radhiallahu anhu berig dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Mag Allah Ta’ala se genade op die een wees wat sagmoedigheid toon in die oomblik wat hy iets verkoop, iets aankoop en wanneer hy betaling eis.” (Bukhari)
Hadith 14: Eerlike handelaars
التاجر الصدوق الأمين مع النبيين والصديقين والشهداء
Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam het gesê, “Inderdaad, die handelaar wat eerlik is in woord en daad, sal op die dag van Opstanding (Qiyamah) met die profete van Allah Ta’ala en die Heiliges en die martelare wees.” (Tirmidhi)
Hadith 15: Etiese handel
إِنَّ التُجَّارَ يُبعَثُونَ يَومَ القِيَامَةِ فُجَّارًا ، إِلَّا مَن اتَّقَى اللَّهَ وَبَرَّ وَصَدَقَ
Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam het gesê, “Op die dag van Qiyamah sal die handelaars as oortreders en sondaars opstaan, behalwe diegene wat (Allah Ta’ala) gevrees het en die waarheid gepraat het (en nie sonde gepleeg het in hul sake en transaksies nie).” (Tirmidhi)
Hadith 16: Besigheidsetiek
إنَّ أَطْيَبَ الكَسْبِ كَسْبُ التجارِ : الذين إذا حَدَّثوا لم يَكْذِبوا ، وإذا ائْتُمِنوا لم يَخُونُوا ، و إذاوَعَدُوا لم يُخْلِفوا ، وإذا اشْتَرَوْا لم يَذُمُّوا ، وإذا باعُوا لم يُطْرُوا ، وإذا كان عليهم لم يَمْطُلُوا وإذا كان لهم لم يُعَسِّرُوا
Na berig word het Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê, “Voorwaar, die beste verdienste is die verdienste van die handelaars wat geen leuen uitspreek as hulle praat nie, wat nie mislei as hulle in vertroue gehou word nie, wat nie wanbetaal as hulle belowe nie, wat nie goedere diskrediteer as hulle koop nie, en nie hul eie goed onbehoorlik prys wanneer dit verkoop word nie, en is nie ontwykend as hulle gevra word om te betaal nie en nie ander onbehoorlik lastig val wanneer hulle hul eis indien nie.” (Targheeb)
Hadith 17: Goeie Besigheidsbeginsels
إن التاجر إذا كان فيه أربع خصال طاب كسبه، وإذا اشترى لم يذم، وإذا باع لم يمدح، ولم يدلس في البيع ولم يحلف فيما بين ذلك
Hadhrat Abu Umaamah radhiallahu anhu berig dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “As daar vier eienskappe by ‘n handelaar gevind word, is sy verdienste suiwer: 1. As hy nie die kwaliteit van die goedere wat hy inkoop, diskredieteer nie, 2. As hy die goedere wat hy verkoop, nie te veel prys nie, 3. As hy nie bedrieg as hy verkoop nie en 4. Nie valse ede neem as hy koop en verkoop nie. ” (Al Isbahani)
Hadith 18: Ondersteun die handelaar
أوصيكم بالتجار خيرا فإنهم برد الآفاق، وأمناء الله في الأرض
Hadhrat Ibn Abbas radhiallahu anhuma het gesê, “Ek raai u aan om die handelaars goed te behandel, want hulle is die boodskappers tussen die hemel en die trustees van Allah Ta’ala op aarde.” (Daylami)
Hadith 19: Ekonomiese onafhanklikheid
عليكم بالتجارة لا تفتنكم هذه الحمراء على دنياكم
Hadhrat Umar radhiallahu anhu het gesê: “Ek raai u aan om aan handel deel te neem, sodat hierdie rooies (nie-Moslems) nie vir u ‘n belemmering word in u aardse sake nie.” (Atabiya)
Hadith 20: Vroegoggend handel
اللَّهمَّ بارك لأمَّتي في بكورِها
Hadhrat Sakhar Ghaamidi radhiallahu anhu berig dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam vroeër dua gemaak het, “O Allah seën my Ummah (volk) in hul pogings in die vroeë oggendure.” (Tirmidhi)
Hadhrat Sakhar radhiallahu anhu was ‘n handelaar en hy het al vroeg die oggend sy handelsagente uitgestuur. Op hierdie manier het hy ‘n geweldige wins gemaak en sy rykdom aansienlik vergroot.
Hadith 21: Landbou
مَا مِنْ مُسْلِمٍ يَغْرِسُ غَرْسًا، أَوْ يَزْرَعُ زَرْعًا، فَيَأْكُلُ مِنْهُ طَيْرٌ أَوْ إِنْسَانٌ أَوْ بَهِيمَةٌ، إِلاَّ كَانَ لَهُ بِهِ صَدَقَةٌ
Hadhrat Anas radhiallahu anhu berig dat Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam gesê het, “Daar is niemand onder die Moslems wat ‘n boom plant of saad saai nie, en dan eet ‘n voël, of iemand of ‘n dier daarvan nie, behalwe dat dit vir hom in ‘n daad van liefdadigheid verander word nie.” (Moslem)
Hadith 22: Prestige in die handel
وعن كعب بن عجرة قال : مر علي النبي – صلى الله عليه وسلم – فرأى أصحاب النبي – صلى الله عليه وسلم – في جلدة ونشاطة فقالوا : يا رسول الله ، لو كان هذا في سبيل الله ؟ فقال رسول الله – صلى الله عليه وسلم : ” إن كان خرج يسعى على ولده صغارا فهو في سبيل الله ، وإن كان خرج يسعى على أبوين شيخين كبيرين فهو في سبيل الله ، وإن كان خرج يسعى على نفسه يعفها فهو في سبيل الله ، وإن كان خرج يسعى رياء ومفاخرة فهو في سبيل الشيطان
Hadhrat Ka’b ibn Ujrah radhiallahu anhu sê, “‘n Man het eens by Rasulullah verbygegaan sallallahu alaihi wa sallam. Toe die Sahaba sy krag en energie sien, het hulle gesê: ‘As hy maar net in die weg van Allah was(en geveg het vir Islam).’,Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam sê toe, as hy uitgaan om ‘n bestaan te verdien om op sy ouers te spandeer, dan is hy op die weg van Allah. As hy daarna streef om ‘n bestaan vir homself te verdien sodat hy nie kan bedoel nie, is hy ook op die weg van Allah. As hy egter daarna streef om ‘n bestaan te verdien om daarmee roem te werf en trots en arrogant te wees is hy op die weg van die Duiwel.” (Tabrani)