Read Online:
Hadith 1 Part 1
Salmaan radiyallahu anhu berig, “Op die laaste dag van Sha’ban het Rasulullah Sallallahu alaihi wa sallam ons aangespreek “O mense daar kom nou oor u, ‘n wonderlike maand, ‘n baie geseënde maand daarin is ‘n nag meer belonend is as ‘n duisend maande. Dit is ‘n maand waarin Allah (om te) vas (deur die dag) verpligtend gemaak het en (snags) die Tarawih, sunnah gemaak het. Elkeen wat van plan is om nader aan Allah te kom deur enige goeie dade te doen, vir so iemand sal die beloning wees soos die een wie in enige ander tyd ‘n fardh (verpligte daad) gedoen, en elkeen wat ‘n fardh doen, sal geseën word sewentig keer meer, in beloning as in enige ander tyd.
Dit is inderdaad die maand van geduld, en die beloning vir ware geduld is Jannah (paradys). Dit is die maand van medelye met ons medemens. Dit is die maand waarin ‘n ware gelowige se rizq (onderhoud) vermeerder word. Elkeen wat ‘n ander voed (wie gevas het), om die vas te breek teen sononder, vir die voerder sal daar vergifnis van sy sondes en bevryding uit die vuur van Jahannam (hel) wees, en ook ‘n beloning gelykstaande aan die wat gevas het (wie hy voed) sonder dat die person (wie vas) se belonging verminder word.”
Hadith 1 Part 2
Daarop het ons gesê: ‘O boodskapper van Allah sallallahu alaihi wa sallam, nie almal van ons beskik oor die vermoë om iets te gee waarmee hy die Vas kan breek nie.’ Rasulullah Sallallahu ‘alaihi wasallam het geantwoord, “Allah verleen dieselfde beloning aan die een wat ‘n vastende persoon ‘n dadel, ‘n drankie water of ‘n slukkie melk gee om die vas mee te breek.”
“Dit is ‘n maand, waarvan die eerste deel Allah se genade bring, waarvan die middel sy vergifnis bring, en waarvan die laaste deel, vrylating uit die vuur van Jahannam waarborg.”
“Elkeen wat die las van sy dienaars (onderdane) in hierdie maand verminder, Allah sal hom vergewe en hom bevry van die vuur van Jahannam.”
“En in hierdie maand moet u vier dinge in ‘n groot hoeveelheid doen, waarvan twee sal wees om Allah te prys, terwyl die ander twee die dinge is waarsonder u nie kan klaar kom nie. U moet in groot mate getuig dat daar geen een is om te aanbid, behalwe Allah nie. So sê gereeld (Kaliema Tayyibah, La-ila-ha ilallaah op en baie Istighfaar, pleid om vergifnis van Allah, met Astagirfirullah). En dit waarsonder u nie kan klaar kom nie, smeek Allah, om die paradys te kan ingaan en soek toevlug by Hom, van Jahannam af.”
“En elkeen wat aan iemand (wie vas) water gegee het, Allah vergin aan daardie persoon om uit Sy fontein te drink, so ‘n drankie waarna hy nooit weer sal dors voel nie, totdat hy Jannah binnegaan.” (Ibn Khuzaimah in sy Sahih)
Hadith 2
Abu Hurayrah Radiyallahu anhu vertel dat Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam gesê het: “My Ummah is vyf dinge vir Ramadhaan gegee wat aan niemand behalwe hulle gegee is nie. Vir hulle is die reuk van die mond van ‘n vastende persoon soeter vir Allah as die lifelike reuk van muskus. Namens hulle soek die visse in die see vergifnis vir die vastende persone totdat hulle die vas breek. Allah berei elke dag ‘n spesiale tuin in Jannah voor en versier en sê (aan die tuin): “Die tyd is naby wanneer getroue knegte(gelowiges) die groot beproewinge van die wêreld sal verlaat, en kom na jou toe. “In hierdie maand (vir hulle) is al die kwaadwillige Shaytaan vasgeketting om nie mens aan te moedig om sondes, wat hulle normaalweg gedurende ander maande, te pleeg nie. Op die laaste nag van Ramadhaan hulle is vergewe.”
Die Sahaba Radiyallahu anhum het daarna gevra: “O Boodskapper van Allah sallallahu alaihi wa sallam, is dit daardie aand Laylatul Qadr?” Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam het geantwoord: “Nee. Maar dit is net reg dat Allah aan Sy dienskneg die beloning gegee word nadat hy sy diens (aan Allah) voltooi het.” (Ahmad, Bazzaar en Bayhaqi)
Hadith 3
Kaab bin Ujra Radiyallahu anhu vertel, “het Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam gesê:” Kom nader aan die mimbar. “En ons het nader gekom na die mimbar.
Toe hy die eerste trappie van die mimbar opklim, sê hy ‘Aameen’. Toe hy op die tweede trap van die mimbar klim, sê hy: “Aameen.” Toe hy op die derde trap klim, het hy gesê: ‘Aameen.’
Toe hy afklim, vra ons: “O Rasul van Allah sallallahu alaihi wa sallam, ons het vandag iets van u gehoor wat ons nog nooit vantevore gehoor het nie.” Hy het gesê: Toe ek die eerste stap opklim het Jibraeel alaihis salaam het voor my verskyn en gesê: “Droefheid op hom wie die geseënde maand van Ramadhan gevind het en dit laat verbygaan sonder om vergifnis te kry”, en ek het gesê: “Aameen”. Toe ek die tweede trap klim, het hy gesê: “Droefheid op hom in wie se teenwoordigheid u naam genoem word en hy lees dan nie salawat (sallallahu ‘alaihi wasallam) op u nie”. Ek antwoord “Aameen”. Toe ek die derde trap opklim, het hy gesê: “Droefheid op die persoon in wie se teenwoordigheid albei ouers of een van hulle ‘n hoë ouderdom bereik, en (as hy hulle nie gedien het nie), mag hy nie Jannah (paradys) binnegaan nie”, het ek gesê: “Aameen.” (Haakim)
Hadith 4
Ubaadah bin Saamit Radiyallahu anhu berig Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam het eendag na aan die tyd van Ramadhaan gesê; “Die maand Ramadhan, die maand van seëninge het na u gekom, waarin Allah na u toe draai en sy spesiale barmhartigheid (genade) na u toe stuur, u foute vergewe, gebede aanvaar, u kompetisie vir die grootste van goeie dade waardeer en met die engele spog oor julle. So, wys aan Allah u geregtigheid, want voorwaar, hy (die person) wat in hierdie maand van Allah se genade ontneem word is die laagste en ongelukkigste. (Tabraani)
Hadith 5
Abu Saeed Khudri Radiyallahu anhu vertel dat Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam gesê het: “Gedurende elke dag en nag van Ramadhan bevry Allah ‘n groot aantal siele uit die hel. En vir elke Moslem, gedurende elke dag en nag, ten minste een gebed (dua) word beslis aanvaar.” (Bazzar)
Hadith 6
Abu Hurairah Radiyallahu ‘anhu berig: Rasulullah Sallallahu ‘alaihi wasallam het gesê: ‘Daar is drie mense wie se dua nie verwerp word nie; die wie vas totdat hy die vas breek, die regverdige heerser en die onderdrukte persoon, wie se dua Allah lig bo die wolke en maak die deure van die hemel daarvoor oop, en Allah sê: “Ek sweer by My eer, voorwaar sal ek u bystaan, al is dit miskien na ‘n geruime tyd.” (Ahmed)
Hadith 7
Ibn Umar Radiyallahu anhu vertel: Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam het gesê: ‘Voorwaar Allah en Sy Malaaikah stuur barmhartigheid oor diegene wat Sehri (souwer-Soegoer) eet.’ (Tabraani)
Hadith 8
Abu Hurayra Radiyallahu anhu vertel dat Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam gesê het: “Baie van diegene wie vas, niks verkry behalwe honger nie, en baie mense staan vir ‘n nag Salah, maar kry niks daarby nie, behalwe die ongemak om wakker te bly.” (Ibn Majah)
Hadith 9
Abu Ubaidah Radiyallahu anhu berig: Ek het gehoor dat Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam sê: “Vas is ‘n beskermende skild vir die mens, solank hy nie die beskerming afbreek nie.” (Ibn Majah)
Hadith 10
Abu Hurayrah Radiyallahu anhu berig Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam het gesê: “Elkeen wat op een dag van Ramadhaan eet sonder ‘n geldige rede of verskoning of opregte siekte (aanvaarbaar in Shari-ah), sal nooit ooit die dag kan vergoed (opmaak) nie, al vas hy vir die res van sy lewe sonder ophou.” (Ahmad)
Lailatul Qadr
Hadith 1
Abu Hurayrah Radiyallahu anhu berig Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam het gesê: ‘Wie in die nag van Qadr (magtigheid) staan met gebed en ibaadah met opregte geloof en met opregte hoop om beloning te kry, sy vorige sondes is vergewe.’ (Bukhari)
Hadith 2
Anas Radiyallahu anhu berig: ‘Een keer toe Ramadhaan begin het, het die Boodskapper van Allah sallallahu alaihi wa sallam gesê: “Daar het waarlik ‘n maand oor julle aangebreek waarin ‘n nag is wat beter as duisend maande (in waarde) is. Die wie egter van die (nag van Magtigheid se) seëninge ontneem word, feitlik van alle goedheid ontneem is. Niemand word daarvan ontneem nie, behalwe hy wat heeltemal ongelukkig is” (Ibn Majah)
Hadith 3
Anas Radiyallahu anhu berig dat Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam het gesê: “In die nag van Qadr kom Jibraeel alaihis salaam saam met ‘n groep engele na die aarde en bid vir seëninge op elke dienaar (gelowige) van Allah wat hulle sien aanbid of sit en vier die lof van Allah.
Dan op die dag van Eid (labarang) spog Allah met die engele oor hulle, “O engele, wat is die beloning van daardie werker wat sy diens ten volle voltooi het?” Hulle antwoord: ‘O ons Onderhouer, sy beloning moet ten volle gegee word’. Hierop antwoord Allah Ta’ala, ‘O my engele, voorwaar, my dienaars, die mans onder hulle sowel as die vroue het die verpligte plig (van Vas) op hulle uitgevoer; daarna het hulle na die plek waar Salah geoffer word, hul stem gelig en tot My gebid. Ek sweer by My eer, by My genade, by My hoë posisie van grootheid, dat Ek sekerlik die gebed van daardie mense sal beantwoord.’
Daarna sê Allah Ta’ala (Hy spreek die mense aan) “Keer terug, sekerlik het ek u sondes vergewe en u bose dade met goeie dade verruil.” Rasulullah Sallallahu ‘alaihi wasallam het gesê: ‘Die mense keer dan terug (daarvan af) met hulle sondes vergewe. (Baihaqi)
Hadith 4
Aaishah Radiyallahu anha berig dat Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam het gesê: “Soek Laylatul Qadr tussen die onewe (genommerde) nagte van die laaste tien dae in die maand van Ramadhaan.” (Mishkat)
Hadith 5
Ubaadah bin Saamit Radiyallahu anhu het gesê: “Toe Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam uitkom om ons die datum van Laylatul Qadr in te lig. (Ongelukkig destyds) het daar ‘n argument ontstaan tussen twee Moslem-mans, waarop hy gesê het: ‘Ek het uitgekom om u in kennis te stel van wanneer Laylatul Qadr was, maar omdat twee mense betoog het is (die vasstelling van die regte datum) weg. Miskien is dit beter vir u. Soek dit dus tussen die negende, sewende en vyfde nagte.” (Mishkaat)
Hadith 6
Ubaadah bin Saamit Radiyallahu anhu berig dat hy die profeet Sallallahu alaihi wasallam gevra het oor Laylatul Qadr. Hy Sallallahu alaihi wasallam het geantwoord: “Dit is in Ramadhan, gedurende die laaste tien dae, op die ongelyk genommerde nagte, die 21ste, 25ste, 27ste, 29ste of die laaste nag van Ramadhan. Elkeen wat op hierdie nag in Ibaadah staan, met opregte geloof en met opregte hoop om beloning te kry, sy vorige sondes sal vergewe word.
Onder die tekens van hierdie nag is dit dat dit ‘n rustige, stil, blink nag is, nie warm nie, maar ook nie koud, maar gematig, asof die maan helder skyn, en geen meteore word daardie nag op die Shaytaans gegooi nie; dit als duur tot en met dagbreek. ‘n Ander teken is dat die son teen môre opkom sonder enige stralende ligstrale, wat eerder lyk soos die maan in sy skynsel. Die dag verbied Allah die Shaytaans om op te staan met die son.” (Manthoor)
Hadith 7
Aaisha Radiyallahu anha berig: “Ek het gesê: ‘O boodskapper van Allah Sallallahu alaihi wasallam sou ek die Laylatul Qadr vind, wat moet ek bid. Die profeet Sallallahu alaihi wasallam het geantwoord: sê, Allaahumma innaka afuwwun tuhibbul afwa fafu anni (O Allah, U is die Een wat die sondes vergewe. U hou daarvan om te vergewe, so vergewe my).” (Ahmed)
Itikaaf
Hadith 1
Abu Saeed Radiyallahu anhu dat Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam het een keer die eerste tien dae van Ramadhaan vir Itikaaf deurgebring. Daarna vir die middel tien dae in ‘n Turkse tent (in die masjid). Daarna lig hy sy kop uit die tent en sê: ‘Voorwaar, ek is op soek na Laylatul Qadr, daarom het ek die eerste tien dae, dan vir die middelste tien dae, in Itikaaf deurgebring. Toe kom iemand (‘n engel) en sê vir my. ‘Dit is die laaste tien dae. “So, elkeen wie saam met my die afgelope tyd was moet vir nog tien dae voortgaan.” Ek is daardie aand inderdaad gewys en dan gemaak om te vergeet wat dit sal wees. En voorwaar, ek het gesien dat ek die oggend na die nag, wat spandeer het in aanbidding vir Allah, met my voorkop op die modder sajda gemaak het. Soek Laylatul Qadr die laaste tien nagte van Ramadhaan; soek dit in die ongelyke nagte.”
Abu Saeed Radiyallahu anhu sê; ‘Dieselfde nag het dit gereën. Die dak van die masjid het gelek, en ek kyk toe na Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam met my eie twee oë en op sy voorkop was oorblyfsels van water en modder. Dit was op die oggend van die 21ste terwyl hy sajda in modderige klei gemaak het.’ (Mishkaat)
Hadith 2
Ibn Abbas Radiyallahu anhu vertel dat Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam het gesê: “Die persoon wat vir Itikaaf sit, bly vry van sondes, en hy kry inderdaad dieselfde beloning as diegene wat goeie dade doen (ondanks die feit dat hy nie die dade gedoen het nie as gevolg van die tyd wat hy spandeer het in afgesondering binne die masjid).” (Ibn Majah)
Hadith 3
Ibn Abbas Radiyallahu anhuma berig dat terwyl hy een tyd vir I’itikaaf in die Masjidun Nabwi (Rasulullah sallallahu alaihi wa sallam se masjid) was, ‘n sekere man na hom toe gekom het, hom gegroet het en gaan sit. Ibn Abbas Radiyallahu anhuma sê vir hom: ‘Ek sien dat jy hartseer en ontsteld lyk’. Die man het geantwoord: “Ja, seun, van die oom van Rasulullah Sallallahu alaihi wa sallam, ek is inderdaad ontsteld omdat ek aan iemand verantwoording skuldig is. Ek sweer op die Heilige person in die graf (Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam se graf) dat ek nie hierdie verpligting kan nakom nie.” Ibn Abbas Radiyallahu anhuma vra toe: ‘Moet ek namens jou met daardie persoon praat?’ die man antwoord: “As u so wil”. Ibn Abbas Radiyallahu anhuma trek skoene aan en gaan uit die Masjid. Die man sien dit, en sê: “Het u dan vergeet dat u in Itikaaf is?” Ibn Abbas Radiyallahu anhuma met trane in sy oë geantwoord: ‘Nee, die tyd is nog vars in my gedagtes, ek het die meester van hierdie graf, Rasulullah Sallallahu alaihi wa sallam gehoor sê: ‘Wie ookal ‘n poging aanwend om ‘n belangrike saak namens sy broer (mede Moslem) af te handel, daardie diens sal vir hom beter wees as om tien jaar lank vir I’itikaaf te sit, en elkeen wat ‘n dag vir Itikaaf bly, en sodoende die plesier van Allah soek, sal Allah drie slote oopmaak tussen hom en die vuur van die hel, en die breedte van elkeen is die afstand tussen hemel en aarde.” (Tabrani)
Hadith 4 Part 1
Ibn Abbas Radiyallahu anhu sê dat hy ons Nabi Sallallahu alaihi wasallam sê, voorwaar, Jannah word geparfumeer met die soetste geur in Ramadhaan. Van die begin van die jaar tot die einde, word dit mooi versier vir die koms van hierdie geseënde maand. En as die eerste nag van Ramadhaan verskyn, waai daar ‘n wind van onder die Arsh (Troon). Dit word Mutheerah genoem, en dit laat die blare van die bome van Jannah ritsel en die hanvatsels van die deure ‘n geliud maak wat nog nooit tevore gehoor is nie. Die donker oë, meisies van Jannah stap dan vorentoe totdat hulle in die middel van die balkonne van Jannah verskyn en uitroep: is daar iemand wat ‘n dua vir Allah maak om saam met ons in die huwelik kan tree nie? ‘ Dan roep hierdie meisies: “O Ridhwaan, wagter van Jannah, watter nag is dit?” Hy antwoord: “Labbaik, dit is inderdaad die eerste nag van Ramadhaan, wanneer die deure van Jannah oopgemaak word vir diegene wat die vas onder die umma van Muhammad Sallallahu alaihi wasallam waarneem. Rasulullah Sallallahu alaihi wasallam vertel verder dat, Allah sê dan, “O Ridhwaan maak die deure van Jannah oop, en O Maalik, die wagter van Jahannam, sluit die deure van Jahannam vir diegene wat uit Ahmad sallallahu alaihi wa sallam se ummah vas. O Jibraeel gaan af na die aarde en bind die opstandige shaytaans vas, sit hulle in kettings en gooi hulle in die see, sodat hulle nie kan kwaad stook nie, en sodoende die vas van die umma van My geliefde Muhammad Sallallahu alaihi wasallam bederf nie.
Hadith 4 Part 2
Allah beveel ‘n oproeper uit die hemel om elke nag van Ramadhaan drie keer uit te roep, “Is daar iemand wat My smeek sodat ek aan sy begeertes kan voldoen nie? Is daar iemand wat berou het voor My dat ek My genade aan hom kan toon nie? Is daar iemand wat smeek om vergifnis dat ek hom kan vergewe nie? Wie is daar wat ‘n lening sal gee aan die Een wie se skatte nie verminder nie, en Een wat, sonder onregverdige aftrekkings alle versoekke hulp verleen.”
Rasulullah Sallallahu ‘alaihi wasallam het verder gesê: ‘Elke dag tydens Iftaar word ‘n miljoen siele, uit die vuur van Jahannam, deur Allah bevry, almal wie al toegang tot Jahannum verdien het. Op die laaste nag laat Allah soveel vry as wat reeds, deur die maand, vrygestel was. Op die aand van Laylatul Qadr beveel Allah Jibraeel alaihis salaam om saam met die groep Malaaikah (engele) na die aarde te daal. Hulle kom af met ‘n groen vlag wat dan bo-op die Kabah geplant word. Jibraeel alaihis salaam alleen het een honderd vlerke en sprei net twee van hulle, oop uit, op hierdie nag. Hy sprei hierdie vlerke uit sodat hul breedte van Oos na Wes strek. Jibraeel alaihis salaam stuur dan die Malaa’ikah hierdie nag in alle rigtings uit om salaam te sê oor elkeen wat hulle in gebed, ‘salaah’ uitvoer of sittend vind en die lof van Allah vier. Hulle skud hul hand en sê Aameen aan al hul dua’s tot dagbreek breek. As dit aanbreek, roep Jibraeel alaihis salaam; Vertrek O Malaa’ikah van Allah vertrek.”
Die Malaa’ikah vra dan; “O Jibraeel alaihis salaam, maar wat het Allah gedoen met betrekking tot die behoeftes van die gelowiges onder die ummah van Ahmad Sallallahu ‘alaihi wasallam wat hulle voor Hom gestel het? Jibraeel alaihis salaam antwoord: “Allah het hulle met genade bekyk en hulle almal vergewe, behalwe vier soorte mense.”
Hadith 4 Part 3
Ons het gevra: ‘Wie is dit, O Rasulullah Sallallahu alaihi wa sallam?’ Rasulullah Sallallahu alaihi wa sallam antwoord: ‘Dit is hulle wat verslaaf is aan alkohol, die ongehoorsaam aan hul ouers, diegene wat hulself afsny van hul naasbestaandes en die Mushaahin.” Ons het navraag gedoen, “O Rasulullah Sallallahu alaihi wa sallam wie is ‘n Mushaahin?” Hy het gesê, Diegene wat slegte gevoelens in hul harte het teenoor hul mede-broers en die verhouding met hulle verbreek.”
En dan kom die aand van Eid ul Fitr, die nag wat Laylatul Jaaizah, die aand van prysuitdeling. Die oggend van Eid, Allah Ta’ala stuur die engele af na al die lande van die aarde waar hulle hul posisies inneem by toegangspunte van paaie, met ‘n stem uitgeroep wat deur almal behalwe die mens en jinn gehoor word.
“O Ummah van Muhammad Sallallahu alaihi wa sallam kom uit u huise na ‘n edele en genadige Allah wat baie vergewe en die grootste sondes vergewe.” As hulle verder gaan na die plekke vir hul Eid salaah, sê Allah vir die engele, “Wat is die beloning van die werknemer wat sy dienste gelewer het?” Die engele antwoord, “O Allah en Meester, dit is net reg dat hy sy beloning ten volle vir sy dienste moet ontvang.”
Hadith 4 Part 4
Allah sê dan: ‘Ek roep u om te getuig, O My engele, dat hulle gevas het in die maand Ramadhaan en dat hulle in die nag voor my aangesig in gebed gestaan het, Ek is tevrede met hulle en het hulle vergewe. O, my knegte vra nou van My, die behoeftes van die Hiernamaals; ek sal dit aan julle vergin. By My eer sweer Ek, solank as wat u my gebooie gehoorsaam, sal ek u gebreke bedek; by My eer en My grootheid sweer ek dat ek u nooit sal verneder onder die kwaaddoeners en ongelowiges nie. Vertrek nou hiervandaan, julle is vergewe. U het My behaag en Ek is bly met u.
Die engele sien hoe hierdie groot beloning deur Allah aan die ummah van Muhammad Sallallahu alaihi wasallam op die dag van Eidul Fitr en word dan baie bly en gelukkig.” (Targheeb)